A A A A A
2 Kronieke 7
14
Wanneer die volk wat my Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land gesond maak.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

14
As my volk wat my Naam dra, hulleself verneder en hulle bid en hulle kom na My toe en hulle hou op om sleg te lewe, dan sal Ek in die hemel hoor en Ek sal hulle sonde vergewe. Ek sal hulle land laat word soos dit voorheen was.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

14
As dit gebeur en my volk verneder hulleself en hulle soek na my wil, en as hulle ophou met hulle verkeerde optrede, sal Ek hulle vergewe. Dan sal Ek hulle land gesond maak.
Afrikaanse Bybel DB 2006

14
en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.
Afrikaanse Bybel 1983

14
en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal k uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
Afrikaanse Bybel 1933/1953