A A A A A
2 Kronieke 7
11
So het Salomo die tempel van die Here, asook die koninklike paleis, voltooi. Hy het alles wat hy beplan het om te doen, suksesvol afgehandel.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

11
So het Salomo die tempel en die paleis klaar gebou. Hy het alles goed gedoen wat hy in die tempel en in sy huis wou doen.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

11
Salomo het die tempel en sy eie paleis klaar gebou. Hy het ook alles voltooi wat hy graag aan die tempel wou doen.
Afrikaanse Bybel DB 2006

11
So het Salomo dan die huis van die Here en die koninklike paleis voltooi. Alles wat Salomo onderneem het aan die huis van die Here en aan sy eie paleis, is voorspoedig afgehandel.
Afrikaanse Bybel 1983

11
En toe Salomo die huis van die HERE en die huis van die koning voltooi het, en alles wat in Salomo se hart gekom het om in die huis van die HERE en in sy huis te maak, voorspoedig uitgevoer het,
Afrikaanse Bybel 1933/1953