10 |
Teen die einde van die feesvierings het Salomo die mense huis toe gestuur, op die drie en twintigste dag van die sewende maand. Hulle was almal bly en vol vreugde omdat die Here so goed was vir Dawid, Salomo en sy volk Israel. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
10 |
Op die drie-en-twintigste dag van die sewende maand het Salomo die mense laat teruggaan na hulle huise. Hulle was bly en gelukkig oor die goeie dinge wat die Here gedoen het vir Dawid en Salomo en sy volk Israel. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
10 |
Na al die feeste, op die 23ste dag van die sewende maand, het Salomo almal huis toe laat gaan. Almal was bly en gelukkig omdat die Here so goed vir Dawid, Salomo en sy volk Israel was. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
10 |
Eers op die drie en twintigste van die sewende maand het Salomo die volk terug laat gaan huis toe, bly en gelukkig oor die goeie dinge wat die Here gedoen het aan Dawid, Salomo en sy volk Israel. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
10 |
En op die drie en twintigste dag van die sewende maand het hy die volk na hul tente laat gaan, verheug en vrolik van hart oor die goeie dinge wat die HERE aan Dawid en aan Salomo en aan sy volk Israel gedoen het. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|