A A A A A
2 Kronieke 22
1
Die inwoners van Jerusalem het toe Ahasia, die jongste seun van Joram, tot koning gekroon. Die plunderende bende Arabiere het al die ouer seuns doodgemaak. Ahasia, die jongste seun van Joram, het as koning oor Juda regeer.
2
Ahasia was 22 jaar oud toe hy koning geword het en het een jaar in Jerusalem regeer. Sy ma was Atalia, ’n kleindogter van Omri.
3
Ahasia het ook die goddelose voorbeeld van die koningshuis van Agab gevolg, want sy ma het hom aangemoedig om verkeerde dinge te doen.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
'n Klomp manne het saam met die Arabiere die leër van Juda aangeval. Hulle het die ouer seuns van Joram almal doodgemaak. Die mense van Jerusalem het toe Joram se jongste seun Ahasia koning gemaak nadat sy pa gesterf het. So het Ahasia, die seun van koning Joram van Juda, koning geword.
2
Hy was 42 jaar oud toe hy koning geword het, en hy was een jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Atalia, 'n kleindogter van Omri.
3
Ahasia het ook gelewe soos die familie van Agab, want sy ma het vir hom gesê om verkeerde dinge te doen.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Die mense van Jerusalem het vir Ahasia, Joram se jongste seun, koning gemaak. Hy was al wat oor was nadat die bende wat hulle saam met die Arabiere aangeval het, al die ouer kinders doodgemaak het. Ahasia, koning Joram se seun, het toe koning geword.
2
Hy was 22 en hy het net ’n jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Atalia, ’n dogter van Omri.
3
Hy het ook soos die ander konings van Israel opgetree, want sy ma, Atalia, was sy raadgewer oor godsdienstige sake.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Die inwoners van Jerusalem het vir Ahasia, die jongste seun van Joram, koning gemaak in sy pa se plek. Die ouer seuns is dood toe die bende Arabiere die inval gemaak het. So het Ahasia seun van koning Joram van Juda aan die bewind gekom.
2
Hy was twee en veertig toe hy koning geword het en was 'n jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Atalia, 'n dogter van Omri.
3
Ook hy het die pad van die koningshuis van Agab geloop; sy ma was die een wat hom die raad gegee het om so verkeerd op te tree.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Toe maak die inwoners van Jerusalem Ah sia, sy jongste seun, koning in sy plek; want die bende wat met die Arabiere in die laer gekom het, het al die oueres gedood. En Ah sia, die seun van Joram, die koning van Juda, het koning geword.
2
Twee en twintig jaar was Ah sia oud toe hy koning geword het, en een jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was At lia, die dogter van Omri.
3
Hy het ook gewandel in die weë van die huis van Agab, want sy moeder was sy raadgeefster om goddeloos te handel.
Afrikaanse Bybel 1933/1953