A A A A A
2 Kronieke 22
8
Terwyl Jehu besig was om oordeel oor Agab se koningshuis te voltrek, het hy afgekom op leiers van Juda en die seuns van Ahasia se bloedverwante wat Ahasia bygestaan het. Hy het hulle doodgemaak.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

8
Jehu was besig om die familie van Agab te straf. Hy het die amptenare van Juda gekry en ook die seuns van Ahasia se broers, hulle het vir Ahasia gewerk. Jehu het hulle doodgemaak.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

8
Terwyl Jehu besig was om Agab se hele familie dood te maak, het hy op ’n groep familielede en amptenare van Ahasia afgekom. Hy het hulle ook doodgemaak.
Afrikaanse Bybel DB 2006

8
en Jehu was toe juis besig om die straf van God oor die koningshuis van Agab te voltrek. Hy het die amptenare van Juda en die seuns van Ahasia se broers wat in Ahasia se gevolg was, raakgeloop en hulle doodgemaak.
Afrikaanse Bybel 1983

8
En toe Jehu die strafgerig voltrek aan die huis van Agab, het hy die owerstes van Juda en die seuns van die broers van Ah sia, die dienaars van Ah sia, aangetref en hulle gedood.
Afrikaanse Bybel 1933/1953