A A A A A
2 Kronieke 22
7
Dit was ’n fout, want die Here het besluit om Ahasia te straf. Ahasia en Joram het Jehu seun van Nimsi tegemoetgegaan. Die Here het bepaal dat Jehu die koningshuis van Agab tot niet moes maak.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

7
Toe het met Ahasia gebeur wat God besluit het. Ahasia het by Joram gekom, en hy het vir Jehu seun van Nimsi daar ontmoet. Die Here het vir Jehu gesalf en gekies om die familie van Agab dood te maak.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

7
Die besoek was egter ’n groot fout. Die Here het besluit om Ahasia te straf. Dit het só gebeur: Terwyl Ahasia by Joram gekuier het, het hulle twee uitgegaan om vir Jehu, Nimsi se seun, te ontmoet. Jehu is pas tevore deur die Here aangewys om Agab se koningshuis uit te wis.
Afrikaanse Bybel DB 2006

7
Ahasia se ondergang met sy besoek aan Joram is deur God beskik. Na sy aankoms het hy saam met Joram opgetrek teen Jehu seun van Nimsi. Die Here het vir Jehu aangewys om die koningshuis van Agab uit te roei,
Afrikaanse Bybel 1983

7
Maar die ondergang van Ah sia was van God, dat hy na Joram moes kom; en daar aangekom, het hy saam met Joram uitgetrek teen Jehu, die seun van Nimsi, wat die HERE gesalf het om die huis van Agab uit te roei.
Afrikaanse Bybel 1933/1953