A A A A A
2 Kronieke 15
7
En nou, manne van Juda, wees sterk en moenie moedeloos word nie, want julle werk sal beloon word.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

7
Maar julle, julle moet sterk wees, julle moenie moedeloos wees nie, want julle sal beloning kry vir die dinge wat julle doen.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

7
Vertrou op die Here. Moenie moedeloos word nie. Julle sal vir julle werk beloon word.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

7
Maar julle moet vasstaan en nie moedeloos word nie, want julle sal die beloning vir julle optrede ontvang.”
Afrikaanse Bybel 1983

7
Wees julle dan sterk, en laat julle hande nie slap hang nie, want daar is loon volgens julle werk.
Afrikaanse Bybel 1933/1953