4 |
Wanneer hulle in nood was en hulle teruggedraai het na die Here die God van Israel en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
4 |
Maar wanneer dit sleg gegaan het met hulle, dan het hulle teruggekom na die God van Israel en dan wou hulle Hom dien, en Hy was tevrede. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
4 |
Maar in moeilike tye, as julle by Israel se God, die Here, hulp gaan soek het, het Hy elke keer gehelp. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
4 |
Toe Israel hom in sy nood tot die Here sy God bekeer het en na Hom gevra het, het die Here Hom deur hulle laat vind. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
4 |
Maar as hulle in die nood hul tot die HERE, die God van Israel, bekeer het en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|