A A A A A
2 Kronieke 15
15
Almal was bly oor die verbond, want hulle het dit met hulle hele hart afgelê. Hulle het gretig die wil van die Here gesoek en Hy het Hom deur hulle laat vind. Die Here het hulle rus gegee van hulle vyande aan alle kante.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

15
Almal in Juda was bly omdat hulle dit belowe het, want hulle het dit belowe met hulle hele hart. Hulle wou regtig die Here dien, en die Here was tevrede. Hy het vir hulle vrede gegee, daar was nie vyande rondom hulle nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

15
Al die mense van Juda was bly oor die belofte wat hulle gemaak het, want hulle het dit regtig bedoel. Hulle wou graag doen wat die Here van hulle verwag het en die Here het hulle gehelp. Hy het toe vir hulle vrede met al die volke rondom hulle gegee.
Afrikaanse Bybel DB 2006

15
Die hele Juda het hulle verheug oor die eed, want hulle het dit met hulle hele hart afgelê. Dit was vir hulle 'n vreugde om na die Here te vra, en Hy het Hom deur hulle laat vind en hulle rus gegee na alle kante toe.
Afrikaanse Bybel 1983

15
En die hele Juda was verheug oor die eed, want hulle het met hul hele hart gesweer en met hul hele wil Hom gesoek; en Hy het Hom deur hulle laat vind, en die HERE het hulle rus verskaf rondom.
Afrikaanse Bybel 1933/1953