14 |
Hulle het die eed van trou aan die Here met trompetgeskal en die klank van ramshorings bekendgemaak. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
14 |
Hulle het hard geskree en gejuig en hulle het trompette en ramshorings geblaas toe hulle dit alles belowe het en gesê het die Here is die getuie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
14 |
Hulle het hulle belofte aan die Here met vreugde uitgeskree terwyl hulle hard op die trompette en ramshorings blaas. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
14 |
Hulle het die eed aan die Here hardop afgelê onder begeleiding van jubelroepe, trompetgeskal en die klank van die ramshoring. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
14 |
En hulle het vir die HERE gesweer met 'n groot stem en met gejuig en met trompette en basuine. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|