13 |
Hulle het besluit dat enigiemand wat weier om die Here die God van Israel te dien, doodgemaak moet word, sou dit jonk of oud, man of vrou wees. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
13 |
Hulle het besluit dat almal moet sterf wat nie die Here wil dien nie. Dit maak nie saak of hulle jonk of oud, man of vrou is nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
13 |
Hulle het besluit om enigiemand, oud of jonk, man of vrou, wat dit nie wou doen nie, dood te maak. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
13 |
Elkeen wat ongehoorsaam was aan die Here die God van Israel, moes doodgemaak word, klein en groot, man en vrou. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
13 |
En elkeen wat die HERE, die God van Israel, nie soek nie, sou gedood word, klein en groot, manne sowel as vroue. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|