A A A A A
2 Kronieke 15
11
Op daardie dag het hulle sommige van die diere wat in die oorlog gebuit was aan die Here geoffer. Dit was 700 beeste en 7 000 kleinvee.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

11
Hulle het daardie dag vir die Here offers gebring. Hulle het diere van die Kussiete gevat, en hulle het van daardie diere gegee om te offer. Dit was 700 beeste en 7 000 skape en bokke.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

11
Dié dag het hulle baie van die diere wat hulle in die oorlog afgevat het, vir die Here geslag. Hulle het 700 beeste en 7 000 skape en bokke geoffer.
Afrikaanse Bybel DB 2006

11
en op dié bepaalde dag vir die Here offerandes gebring uit die buit wat hulle saamgebring het: sewe honderd beeste en sewe duisend stuks kleinvee.
Afrikaanse Bybel 1983

11
en dieselfde dag aan die HERE geoffer van die buit wat hulle ingebring het, sewe honderd beeste en sewe duisend stuks kleinvee.
Afrikaanse Bybel 1933/1953