7 |
Hulle het vir hom gesê: “As u vandag na die volk luister en hulle tevrede stel met ’n gunstige antwoord, sal hulle altyd u onderdane bly.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
7 |
Hulle het vir hom gesê: “As jy vandag goed wil wees vir hierdie mense en jy doen wat hulle wil hê en jy gee vir hulle 'n goeie antwoord, dan sal hulle jou altyd dien.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
7 |
Hulle het gesê: “As jy mooi werk met dié mense en goed is vir hulle, en as jy moeite doen om hulle tegemoet te kom, sal hulle vir altyd jou getroue onderdane bly.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
7 |
Hulle het vir hom gesê: “As u dit goed bedoel met hierdie volk en hulle tevrede stel en hulle 'n gunstige antwoord gee, sal hulle altyd u onderdane bly.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
7 |
En hulle het met hom gespreek en gesê: As u vir hierdie volk goed is en hulle behaag en hulle met vriendelike woorde toespreek, sal hulle altyd u dienaars wees. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|