A A A A A
1 Kronieke 28
20
Dawid het ook vir sy seun Salomo gesê: “Wees sterk en vol moed, en doen die werk. Moenie bang wees of moedeloos word oor die groot werk nie. Want die Here God, my God, is met jou. Hy sal jou nie in die steek laat of jou verlaat nie. Hy sal toesien dat jy al die werk aan die tempel van die Here sal voltooi.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

20
Dawid het ook vir sy seun Salomo gesê: “Jy moet sterk en dapper wees en jy moet die werk begin doen, jy moenie bang wees nie. Jy moet oor niks bekommerd wees nie, want God die Here, my God, is by jou. Hy sal jou nie los nie, Hy sal jou help om al die werk by die tempel klaar te maak.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

20
Wees sterk, moenie huiwer nie, maar begin die werk doen! Moenie bang wees of jou bekommer nie, want die Here God, my God, is by jou. Hy sal jou nie in die steek laat of van jou af padgee nie. Hy sal toesien dat al die werk aan sy huis reg gedoen word.
Afrikaanse Bybel DB 2006

20
Dawid het vir sy seun Salomo gesê: “Wees sterk, staan vas, begin die werk! Moenie bang wees nie en moenie besorg wees nie, want God die Here, my God, is by jou. Hy sal jou nie aan jouself oorlaat of jou verlaat nie, sodat jy al die werk vir die diens in sy huis kan afhandel.
Afrikaanse Bybel 1983

20
En Dawid het aan sy seun Salomo gesê: Wees sterk en vol moed, en voer dit uit; vrees nie en wees nie verskrik nie, want die HERE God, my God, sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie, totdat jy al die dienswerk aan die huis van die HERE voltooi het.
Afrikaanse Bybel 1933/1953