19 |
“Elke deel van hierdie plan,” het Dawid vir Salomo gesê, “is deur die hand van die Here op papier vir my gegee.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
19 |
Dawid het gesê: “Alles wat ek vir julle laat skryf het, kom van die Here. Hy het duidelik vir my gesê wat julle alles moet doen en hoe julle dit moet doen.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
19 |
Dawid het vir Salomo gesê: “Ek weet al hierdie dinge omdat die Here dit aan my bekendgemaak het. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
19 |
Dit alles, die hele uitvoering van die werk, het Dawid deur 'n openbaring van God te wete gekom en hy het dit op skrif gestel. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
19 |
Dit alles--al die werke van die voorbeeld--het Hy my geleer volgens 'n beskrywing uit die hand van die HERE wat oor my was. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|