A A A A A
1 Kronieke 28
13
Die koning het ook vir Salomo instruksies gegee oor die dienswerk van die verskillende afdelings priesters en Leviete in die tempel van die Here. Hy het spesifikasies gegee vir die artikels in die Here se tempel wat vir aanbidding en diens gebruik moes word.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

13
vir die kamers van die groepe priesters en Leviete, vir al die werk in die tempel, en vir die kamers vir al die tempel-gereedskap.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

13
tot by die plekke vir die priesters en Leviete wat in die tempel moes werk en vir al die gereedskap wat nodig kon wees vir hulle diens.
Afrikaanse Bybel DB 2006

13
vir die afdelings priesters en Leviete, vir al die werk verbonde aan die diens in die huis van die Here en vir al die gereedskap wat nodig was vir dié diens.
Afrikaanse Bybel 1983

13
en van die afdelings van die priesters en die Leviete, en van al die dienswerk in die huis van die HERE en al die gereedskappe vir die diens in die huis van die HERE;
Afrikaanse Bybel 1933/1953