A A A A A
1 Kronieke 28
12
en van alles wat hy in gedagte gehad het vir die voorhowe van die Here se tempel, die buitenste kamers, die skatkamers van God se tempel en die kamers vir die gewyde offers.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

12
Daar was planne vir alles waaraan Dawid gedink het: planne vir die oop stukke grond by die tempel, vir al die kamers rondom die tempel, vir die stoorkamers van die tempel en die stoorkamers vir die gewyde goed,
Afrikaanse Bybel ABA 2007

12
Dit was ’n grondplan van alles wat hy vir die tempel beplan het: van die pilaargange van die tempel, die stoorkamers vir skatte en buit wat aan die Here gewy mag word,
Afrikaanse Bybel DB 2006

12
Dit was 'n model van alles wat hy hom voorgestel het: van die voorhowe van die huis van die Here en van al die kamers rondom vir die tempelskatte en die wydingsgeskenke,
Afrikaanse Bybel 1983

12
en 'n voorbeeld van alles wat by hom in die gees was: van die voorhowe van die huis van die HERE en van al die kamers rondom en die skatkamers van die huis van God en die skatkamers van die heilige gawes;
Afrikaanse Bybel 1933/1953