A A A A A
1 Kronieke 27
9
Ira, seun van Ikkes van Tekoa, was bevelvoerder van die sesde afdeling, wat die sesde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Die hoof vir die sesde maand was Ira seun van Ikkes van die stad Tekoa. Daar was 24 000 manne in sy groep.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Ira, Ikkes se seun wat uit Tekoa gekom het, was in bevel van die sesde afdeling vir die sesde maand.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Die sesde, vir die sesde maand, was Ira seun van Ikkes, uit Tekoa.
Afrikaanse Bybel 1983

9
Die sesde vir die sesde maand was Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
Afrikaanse Bybel 1933/1953