A A A A A
1 Kronieke 27
6
Hierdie Benaja was in beheer van Dawid se elite militêre groep bekend as die Dertig. Sy seun, Ammisabad, was sy hoofoffisier.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Benaja was een van die 30 spesiale manne van die koning en hy was die leier van die 30 manne. Sy seun Ammisabad was die hoof-offisier van sy groep.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Hy was ’n sterk leier onder die Dertigtal en in bevel van die 30 helde in Dawid se leër. Sy seun Ammisabad het ná hom bevel van die afdeling oorgeneem.
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
Hierdie Benaja was 'n sterk leier onder die dertig dapper manne van Dawid en in bevel van die dertig. Sy seun Ammisabad was na hom in bevel van die afdeling.
Afrikaanse Bybel 1983

6
Hierdie Benája was 'n held van die dertig en oor die dertig, en oor sy afdeling was sy seun, Ammísabad.
Afrikaanse Bybel 1933/1953