5 |
Benaja, seun van Jojada, die hoëpriester, was bevelvoerder van die derde afdeling, wat die derde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
5 |
Die hoof vir die derde maand was Benaja, seun van die priester Jojada. Daar was 24 000 manne in sy groep. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
5 |
Benaja, die hoëpriester Jojada se seun, was in bevel van die derde afdeling vir die derde maand. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
5 |
Benaja seun van die hoëpriester Jojada was die derde leëraanvoerder, vir die derde maand. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
5 |
Die derde leërowerste vir die derde maand was Benája, die seun van Jójada, die hoëpriester, en by sy afdeling was vier en twintig duisend. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|