A A A A A
1 Kronieke 27
4
Dodai, ’n afstammeling van Agoag, was bevelvoerder van die tweede afdeling, wat die tweede maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling, en Miklot was sy hoofoffisier.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
Dodai van die stad Agoag was die hoof van die groep vir die tweede maand. Miklot was die hoof-offisier van sy groep, hulle was 24 000 manne.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Dodai uit Agoag was in bevel van die tweede afdeling vir die tweede maand. Sy afdeling se offisier was Miklot.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
Dodai uit Agoag was in bevel van die afdeling vir die tweede maand. Sy afdeling se hoofaanvoerder was Miklot.
Afrikaanse Bybel 1983

4
En oor die afdeling vir die tweede maand was Dódai, die Ahohiet; en oor sy afdeling was die bevelhebber Miklot; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
Afrikaanse Bybel 1933/1953