A A A A A
1 Kronieke 27
32
Jonatan, Dawid se oom, was ’n wyse raadgewer vir die koning, ’n man van groot insig en ’n sekretaris. Jegiël, die Gakmoniet, was verantwoordelik vir die onderrig van die koning se seuns.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

32
Dawid se oom Jonatan was 'n raadgewer. Hy was 'n verstandige man en hy kon skryf. Jegiël seun van Gakmoni het die koning se kinders grootgemaak.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

32
Jonatan: Dawid se oom en raadgewer, ’n baie verstandige en geleerde man; Jegiël, Gakmoni se seun: die onderwyser van die koning se kinders;
Afrikaanse Bybel DB 2006

32
Dawid se oom Jonatan die raadgewer, 'n verstandige en geleerde man, en Jegiël seun van Gakmoni het die opvoeding van die prinse waargeneem.
Afrikaanse Bybel 1983

32
En Jónatan, die oom van Dawid, was raadgewer; hy was 'n man van deursig en 'n geleerde; en Jéhiël, die seun van Hagmóni, was by die seuns van die koning.
Afrikaanse Bybel 1933/1953