A A A A A
1 Kronieke 27
31
Jasis, die Hagareër, was in beheer van die koning se kleinvee. Al hierdie amptenare was opsigters oor koning Dawid se eiendom.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

31
Jasis van die Hagar-familie was die hoof oor die skape en bokke. Dit is al die manne wat hoofde was oor die goed van koning Dawid.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

31
Die toesighouer oor die kleinvee was die Hagareër Jasis. Hulle was almal toesighouers oor koning Dawid se besittings.
Afrikaanse Bybel DB 2006

31
Die Hagareër Jasis was in beheer van die kleinvee. Dit was al die opsigters oor die besittings van koning Dawid.
Afrikaanse Bybel 1983

31
En oor die kleinvee was Jasis, die Hagriet. Hulle almal was owerstes oor die besittinge van koning Dawid.
Afrikaanse Bybel 1933/1953