A A A A A
1 Kronieke 27
25
Asmawet, seun van Adiël, was in beheer van die tempel se skatkamers. Jonatan, seun van Ussia, was in beheer van die streke se skatkamers in al die dorpe, dorpies en vestings van Israel.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

25
Asmawet seun van Adiël was die hoof oor die koning se stoorkamers in Jerusalem. Joganan seun van Ussia was die hoof oor die stoorkamers buite Jerusalem, in die stede en die dorpe en die plekke wat hoë en sterk mure gehad het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

25
Die toesighouer oor die koning se skatte was Asmawet, Adiël se seun. Die toesighouer oor die koning se skatte op die platteland, in die stede, dorpe en vestings was Jonatan, Ussia se seun.
Afrikaanse Bybel DB 2006

25
Asmawet seun van Adiël was in beheer van die skatte van die koning. Jonatan seun van Ussia was in beheer van die skatte op die platteland, in die stede, dorpe en vestings.
Afrikaanse Bybel 1983

25
En oor die skatte van die koning was Asmáwet, die seun van Adiël; en oor die skatte in die land, in die stede en in die dorpe en in die torings, was Jónatan, die seun van Ussía.
Afrikaanse Bybel 1933/1953