A A A A A
1 Kronieke 27
24
Joab, Seruja se seun, het met die sensus begin, maar dit nooit voltooi nie omdat die woede van God teen Israel ontbrand het. Die finale totale is nooit in koning Dawid se amptelike rekords aangeteken nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

24
Joab seun van Seruja het begin om hulle te tel, maar hy kon hulle nie klaar tel nie, want die Here het kwaad geword vir die Israeliete omdat Joab hulle getel het. Daarom is daar nie in koning Dawid se dagboek opgeskryf hoeveel manne daar was wat jonger as 20 jaar was nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

24
Joab het met die sensus begin, maar dit nie klaargemaak nie, want dit het die Here se woede teen Israel laat uitbars. Daarom is die finale getal nooit in koning Dawid se boeke aangeteken nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

24
Joab seun van Seruja het begin om 'n opname te maak, maar dit nie afgehandel nie, want daardeur het die toorn van die Here teen Israel losgebreek. Daarom is die getal nie opgeneem in koning Dawid se annale nie.
Afrikaanse Bybel 1983

24
Joab, die seun van Serúja, het begin tel, maar nie voleindig nie, omdat hieroor 'n toorn oor Israel gekom het; daarom is die getal nie opgeneem in die optelling in die Kronieke van koning Dawid nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953