16 |
Die volgende was die stamme van Israel en hulle leiers: Stam Leier Ruben Eliëser, seun van Sikri. Simeon Safatja, seun van Maäka. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
16 |
Hier is die name van die hoofde van die stamme van die Israeliete. Die hoof van die Ruben-stam was Eliëser seun van Sikri. Die hoof van die Simeon-stam was Sefatja seun van Maäka. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
16 |
Die volgende is ’n lys van die stamme van Israel en hulle leiers. Stam Leier Ruben — Eliëser, Sikri se seun Simeon — Sefatja, Maäka se seun |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
16 |
Die beheer oor die Israelitiese stamme was soos volg: Die hoofamptenaar Eliëser seun van Sikri was oor die Rubeniete; Sefatja seun van Maäka oor die Simeoniete; |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
16 |
En oor die stamme van Israel: bevelhebber oor die Rubeniete was Eliëser, die seun van Sigri; oor die Simeoniete was Safátja, die seun van Máäga; |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|