A A A A A
1 Kronieke 27
15
Geled, ’n afstammeling van Otniël uit Netofa, was bevelvoerder van die twaalfde afdeling, wat die twaalfde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

15
Die hoof vir die twaalfde maand was Geldai van die stad Netofa. Geldai was van die Otniël-familie. Daar was 24 000 manne in sy groep.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

15
Geled, ’n afstammeling van Otniël uit Netofa, was in bevel van die twaalfde afdeling vir die twaalfde maand. Elkeen van hierdie afdelings was 24 000 man sterk.
Afrikaanse Bybel DB 2006

15
Die twaalfde, vir die twaalfde maand, was Geled, van Netofa uit die Otniëlgroep. Elkeen van hierdie afdelings was vier en twintig duisend sterk.
Afrikaanse Bybel 1983

15
Die twaalfde vir die twaalfde maand was Héldai, die Netofatiet, van Otniël afkomstig; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
Afrikaanse Bybel 1933/1953