14 |
Benaja van Piraton in Efraim was bevelvoerder van die elfde afdeling, wat die elfde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
14 |
Die hoof vir die elfde maand was Benaja van die stad Piraton. Benaja was van die Efraim-stam. Daar was 24 000 manne in sy groep. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
14 |
Benaja, afkomstig uit Piraton in Efraim, was in bevel van die elfde afdeling vir die elfde maand. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
14 |
Die elfde, vir die elfde maand, was Benaja, uit Piraton in Efraim. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
14 |
Die elfde vir die elfde maand was Benája, die Pireatoniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|