A A A A A
1 Kronieke 27
12
Abiëser van Anatot, bevelvoerder van die negende afdeling, was die negende maand aan diens. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

12
Die hoof vir die negende maand was Abiëser van die stad Anatot. Abiëser was van die Benjamin-stam. Daar was 24 000 manne in sy groep.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

12
Abiëser, afkomstig uit Anatot in Benjamin, was in bevel van die negende afdeling vir die negende maand.
Afrikaanse Bybel DB 2006

12
Die negende, vir die negende maand, was Abiëser, uit Anatot in Benjamin.
Afrikaanse Bybel 1983

12
Die negende vir die negende maand was Abiëser, die Anatotiet, van die Benjaminiete; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
Afrikaanse Bybel 1933/1953