A A A A A
1 Kronieke 27
10
Geles, ’n afstammeling van Efraim uit Pelon, was bevelvoerder van die sewende afdeling, wat die sewende maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

10
Die hoof vir die sewende maand was Geles van die Efraim-stam. Daar was 24 000 manne in sy groep.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

10
Geles, afkomstig uit Pelon in Efraim, was in bevel van die sewende afdeling vir die sewende maand.
Afrikaanse Bybel DB 2006

10
Die sewende, vir die sewende maand, was Geles, uit Pelon in Efraim.
Afrikaanse Bybel 1983

10
Die sewende vir die sewende maand was Heles, die Peloniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
Afrikaanse Bybel 1933/1953