A A A A A
1 Kronieke 27
1
Dit is die lys van Israel se familiehoofde, generaals en offisiere wat die koning gedien het deur die weermagafdelings te lei wat elke maand van die jaar aan diens was. Elke afdeling het vir een maand gedien, en bestaan uit 24 000 soldate.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Hier is 'n lys van die familiehoofde van Israel, die leiers van 1 000 manne en die leiers van 100 manne, en hulle offisiere. Hulle het almal vir die koning gewerk. Elke maand van die jaar het 'n groep soldate gekom en elke maand het 'n groep teruggegaan huis toe. Daar was 24 000 manne in elke groep.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Hier volg ’n lys van die Israelitiese familiehoofde, die hoër en laer offisiere en die koning se amptenare wat in beheer was van die afdelings wat elke maand diens gedoen het. Die afdelings het maandeliks omgeruil en elkeen het uit 24 000 man bestaan.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Hier volg 'n opgawe van die Israelitiese familiehoofde, die aanvoerders van duisend en honderd, en die toesighoudende amptenare wat in diens van die koning gestaan het met betrekking tot alles rakende die afdelings wat deur die jaar elke maand omgeruil het. Elke afdeling het uit vier en twintig duisend man bestaan.
Afrikaanse Bybel 1983

1
En dit is die seuns van Israel volgens hulle getal, die familiehoofde en die owerstes oor duisend en oor honderd en hulle opsigters, wat die koning gedien het in al die sake van die afdelings wat maand vir maand gedurende al die maande van die jaar ingekom en uitgegaan het; elke afdeling was vier en twintig duisend:
Afrikaanse Bybel 1933/1953