1 |
Dit is hoe Aäron se afstammelinge, die priesters, in groepe ingedeel was vir dienswerk. Die seuns van Aäron was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar. |
2 |
Maar Nadab en Abihu het voor hulle pa gesterf, en hulle het geen seuns gehad nie. Net Eleasar en Itamar was oor om as priesters te dien. |
3 |
Met die hulp van Sadok, wat ’n afstammeling van Eleasar was, en van Agimelek, wat ’n afstammeling van Itamar was, het Dawid hulle in groepe ingedeel volgens hulle verskillende dienswerke. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
Die nageslag van Aäron moes vier familie-groepe gewees het, want Aäron se vier seuns was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar. |
2 |
Maar Nadab en Abihu het gesterf toe hulle pa nog gelewe het en hulle het nie seuns gehad nie. Daarom was net Eleasar en Itamar die hoofde van priester-families. |
3 |
Sadok van die Eleasar-familie en Agimelek van die Itamar-familie het vir Dawid gehelp om die priesters in groepe te verdeel om hulle werk te doen. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
Die afstammelinge van Aäron, die priesters, is ook in groepe vir hulle diens ingedeel. Die seuns van Aäron was: Nadab en Abihu, Eleasar en Itamar. |
2 |
Nadab en Abihu is egter voor hulle pa dood en hulle het nie seuns gehad nie. Daarom het net Eleasar en Itamar die priesterskap gekry. |
3 |
Dawid het hulle met die hulp van Sadok, uit Eleasar se nageslag, en Agimelek, uit Itamar se nageslag, in groepe ingedeel om hulle werk te doen. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
Wat die Aäroniete betref, hulle afdelings moes dié van die seuns van Aäron gewees het: Nadab en Abihu, Eleasar en Itamar. |
2 |
Nadab en Abihu is egter dood vóór hulle pa en hulle het nie seuns gehad nie. Daarom het net Eleasar en Itamar die priesterskap gekry. |
3 |
Dawid het hulle met behulp van Sadok, uit die nageslag van Eleasar, en Agimelek, uit die nageslag van Itamar, in diensgroepe ingedeel vir die uitvoering van hulle pligte. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
Ook die seuns van Aäron het hulle afdelings gehad. Die seuns van Aäron was Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar. |
2 |
Maar Nadab en Abíhu het in teenwoordigheid van hulle vader gesterwe, en hulle het geen seuns gehad nie, sodat Eleásar en Itamar die priesteramp bedien het. |
3 |
En Dawid saam met Sadok, uit die seuns van Eleásar, en Ahiméleg, uit die seuns van Itamar, het hulle volgens hulle amp in hul diens ingedeel. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|