A A A A A
1 Kronieke 24
31
Soos die afstammelinge van Aäron is hulle ook aan dienswerke toegewys deur middel van die gewyde lot, sonder om ouderdom of rang in ag te neem. Dit is in die teenwoordigheid van koning Dawid, Sadok, Agimelek en die familieleiers van die priesters en Leviete gedoen.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

31
Hulle het ook lootjies getrek soos die ander Leviete, die nageslag van Aäron. Koning Dawid, Sadok, Agimelek, en die familiehoofde van die priesters en die Leviete was ook daar. Hulle het lootjies getrek vir al die families, vir die grootmense en vir die kinders.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

31
Net soos die nageslag van Aäron, het hulle ook lootjies getrek vir hulle take, sonder dat senioriteit in ag geneem is. Dit het voor koning Dawid, Sadok, Agimelek en die familiehoofde van die priesters en die Leviete gebeur.
Afrikaanse Bybel DB 2006

31
Hulle het ook, naas hulle broers, die nageslag van Aäron, deelgeneem aan die loting in teenwoordigheid van koning Dawid, Sadok, Agimelek en die familiehoofde van die priesters en die Leviete. Van elke familie is almal, van die hoof tot by sy jongste broer, ingereken.
Afrikaanse Bybel 1983

31
En hulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van Aäron, in teenwoordigheid van koning Dawid en Sadok en Ahiméleg en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete: die familiehoof net soos sy jonger broer.
Afrikaanse Bybel 1933/1953