A A A A A
1 Kronieke 24
1
Dit is hoe Aäron se afstammelinge, die priesters, in groepe ingedeel was vir dienswerk. Die seuns van Aäron was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Die nageslag van Aäron moes vier familie-groepe gewees het, want Aäron se vier seuns was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Die afstammelinge van Aäron, die priesters, is ook in groepe vir hulle diens ingedeel. Die seuns van Aäron was: Nadab en Abihu, Eleasar en Itamar.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Wat die Aäroniete betref, hulle afdelings moes dié van die seuns van Aäron gewees het: Nadab en Abihu, Eleasar en Itamar.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Ook die seuns van Aäron het hulle afdelings gehad. Die seuns van Aäron was Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar.
Afrikaanse Bybel 1933/1953