A A A A A
1 Kronieke 20
6
In nog ’n geveg met die Filistyne by Gat was daar ’n reuse man met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, 24 in totaal, ’n afstammeling van die reuse.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Eendag was daar oorlog in die stad Gat. Daar was 'n lang man, hy het ses vingers aan elke hand gehad en ses tone aan elke voet, saam was dit 24 vingers en tone. Hy was ook van die nageslag van die Rafa-mense.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Daar was weer ’n geveg in Gat. Een van die vegters was ’n Refaïet van geboorte. Hy was groot en het ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet gehad, altesaam 24.
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
Op 'n ander keer was daar oorlog in Gat. Daar was 'n lang man met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet; saam was dit vier en twintig. Hy was ook 'n Refaïet van geboorte.
Afrikaanse Bybel 1983

6
En daar was weer oorlog by Gat, en daar was 'n baie lang man met ses vingers aan elke hand en voet, vier en twintig; en hy was ook 'n afstammeling van die Refaïete.
Afrikaanse Bybel 1933/1953