A A A A A
1 Kronieke 20
5
In ’n volgende geveg met die Filistyne het Elganan, seun van Jaïr, vir Lagmi, broer van Goliat uit Gat, doodgemaak. Die handvatsel van Lagmi se spies was so dik soos ’n wewersbalk!
Afrikaanse Bybel NLV 2011

5
Toe die Israeliete later weer teen die Filistyne oorlog gemaak het, het Elganan seun van Jaïr vir Lagmi oorwin. Lagmi was 'n broer van Goliat. Goliat het van die stad Gat gekom, en die steel van Lagmi se spies was so dik en so lank soos die balk van 'n weefstoel.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

5
In nog ’n geveg teen die Filistyne het Elganan, Jaïr se seun, vir Lagmi, Goliat se broer uit Gat, verslaan. Lagmi se spies se steel was so dik soos ’n weefstoel se dwarsbalk.
Afrikaanse Bybel DB 2006

5
In 'n ander geveg teen die Filistyne het Elganan seun van Jaïr vir Lagmi, die broer van Goliat uit Gat, verslaan. Sy spiessteel was so dik soos die dwarsbalk van 'n weefstoel.
Afrikaanse Bybel 1983

5
En daar was weer oorlog met die Filistyne; en Élhanan, die seun van Jaïr, het Lagmi, die broer van Goliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos 'n wewersbalk was, verslaan.
Afrikaanse Bybel 1933/1953