4 |
Hierna het daar by Geser oorlog teen die Filistyne uitgebreek. Terwyl hulle veg, het Sibbekai van Gusa vir Sippai, ’n afstammeling van die reuse, verslaan. Die Filistyne is onderwerp. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
4 |
Later was daar weer oorlog teen die Filistyne by die stad Geser. Sibbekai van die stad Gusa het daar vir Sippai oorwin. Sippai was van die nageslag van die Rafa-mense. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
4 |
Hierna het daar oorlog teen die Filistyne in Geser uitgebreek. Sibbekai die Gusatiet het vir Sippai, ’n Refaïet, verslaan en die Filistyne is ook onderwerp. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
4 |
Daarna het daar oorlog met die Filistyne in Geser uitgebreek. Daar het Sibbekai die Gusatiet vir Sippai, uit die Refaïetegeslag, verslaan en moes die Filistyne hulle onderwerp. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
4 |
En daarna het daar by Geser oorlog ontstaan met die Filistyne; toe het Síbbegai, die Husatiet, Síppai, uit die kinders van die Refaïte verslaan, sodat hulle onderworpe geraak het. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|