A A A A A
1 Kronieke 20
3
Hy het van die mense van Rabba slawe gemaak en hulle gedwing om met sae, pikke en byle te werk. So het Dawid al die mense van die Ammonitiese stede behandel. Hierna het Dawid en sy leër na Jerusalem toe teruggegaan.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

3
Hy het ook die manne van die stad Rabba saamgeneem en hy het hulle laat werk, elkeen met 'n saag, 'n pik en 'n byl. Hy het dieselfde gedoen met die manne in al die Ammoniete se stede. Toe het hy en al sy manne teruggegaan na Jerusalem.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

3
en van die inwoners slawe gemaak wat met saag, pik en byl vir hom moes werk. Dit het hy met die inwoners van al die Ammonitiese dorpe gedoen. Daarna het Dawid en al sy mense teruggegaan Jerusalem toe.
Afrikaanse Bybel DB 2006

3
Hy het die burgers van die stad weggevoer en hulle aan die werk gesit met saag, ysterbeitel en byl. So het hy teenoor al die Ammonitiese stede opgetree. Daarna het hy en al die burgers na Jerusalem toe teruggegaan.
Afrikaanse Bybel 1983

3
Hy het ook die bevolking wat daarin was, uitgebring en hulle met die saag laat saag, en met ysterpenne en met byle laat werk; en so het Dawid gedoen met al die stede van die kinders van Ammon. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan.
Afrikaanse Bybel 1933/1953