A A A A A
1 Kronieke 18
6
Hy het ook verskeie wagposte in Damaskus, die Aramese hoofstad, gestasioneer. Die Arameërs het Dawid se onderdane geword en aan hom belasting betaal. Die Here het vir Dawid die oorwinning gegee waar hy ook al gegaan het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Dawid het manne by die Arameërs van Damaskus laat bly om wag te staan. Die Arameërs moes vir Dawid werk en hulle moes belasting betaal vir hom. Die Here het vir Dawid gehelp oral waar hy gegaan het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Hy het toe beheerpunte in Damaskus, die Aramese hoofstad, opgerig. Daarna was die Arameërs Dawid se onderdane. Hulle moes belasting aan hom betaal. Só het die Here Dawid laat wen waar hy ook al oorlog gemaak het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
Hy het militêre poste in die gebied Aram-Damaskus ingerig, en die Arameërs het aan hom onderhorig geword en moes aan hom belasting betaal. Die Here het Dawid die oorwinning laat behaal net waar hy gegaan het.
Afrikaanse Bybel 1983

6
En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus geplaas, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
Afrikaanse Bybel 1933/1953