A A A A A
1 Kronieke 18
4
Dawid het van hom 1 000 strydwaens, 7 000 perderuiters en 20 000 voetsoldate gevang. Hy het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, behalwe vir 100 trekperde.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
Dawid het 1 000 oorlogkarre, 7 000 manne op perde en 20 000 voetsoldate van Hadad-Eser gevat. Dawid het al die perde se hakskene laat sny, die perde wat die oorlogkarre getrek het. Hy het net genoeg perde laat oorbly om 100 oorlogkarre te trek.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Dawid het 1 000 strydwaens vir hom gevat, asook 7 000 man van die strydwabemanning en 20 000 voetsoldate. Hy het al die perde, behalwe 100, se hakskeensenings afgekap sodat hulle nie kon werk nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
Van hom het Dawid 'n duisend strydwaens, sewe duisend oorlogsperde en twintig duisend voetsoldate afgevat. Hy het perde vir honderd strydwaens uitgehou en al die ander se hakskeensenings afgesny.
Afrikaanse Bybel 1983

4
En Dawid het van hom duisend strydwaens en sewe duisend perderuiters en twintig duisend man voetgangers afgeneem; en Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly.
Afrikaanse Bybel 1933/1953