13 |
Hy het wagposte deur die hele Edom geplaas, en al die Edomiete het Dawid se onderdane geword. Dit was nog ’n voorbeeld van hoe die Here aan Dawid die oorwinning gegee het waar hy ook al gegaan het. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
13 |
Hy het manne by die Edomiete laat bly om wag te staan, en al die Edomiete moes vir Dawid werk. Die Here het vir Dawid gehelp oral waar hy gegaan het. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
13 |
Hy het toe beheerpunte in Edom opgerig. Daarna was die Edomiete Dawid se onderdane. Só het die Here Dawid laat wen waar hy ook al gaan oorlog maak het. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
13 |
en in Edom besettingsposte ingerig, sodat die hele Edom onderhorig aan Dawid geword het. Die Here het vir Dawid gehelp net waar hy gegaan het. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
13 |
En hy het wagposte in Edom geplaas, sodat al die Edomiete knegte van Dawid geword het; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|