A A A A A
1 Kronieke 18
11
Koning Dawid het al hierdie geskenke aan die Here geheilig, en so ook al die silwer en die goud wat hy afgeneem het van die nasies wat hy onderwerp het. Dit was Edom, Moab, Almon, die Filistyne en Amalek.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

11
Koning Dawid het hierdie presente ook aan die Here gewy. Dawid het voorheen ook die silwer en die goud gewy wat hy van die ander volke gevat het en na sy land gebring het. Hy het dit gevat van die Edomiete, die Moabiete, die Ammoniete, die Filistyne en die Amalekiete.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

11
Koning Dawid het hierdie geskenke ook vir die Here gegee. Hy het dit ook met al die silwer en goud gedoen wat hy van ander volke afgeneem het, soos die Edomiete, die Moabiete, die Ammoniete, die Filistyne en die Amalekiete.
Afrikaanse Bybel DB 2006

11
Koning Dawid het dit alles aan die Here gewy, en so ook die silwer en goud wat hy van al die nasies weggevoer het, van Edom, Moab, die Ammoniete, die Filistyne en Amalek.
Afrikaanse Bybel 1983

11
Dit het koning Dawid ook aan die HERE geheilig saam met die silwer en die goud wat hy van al die nasies geneem het, van die Edomiete en van die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete.
Afrikaanse Bybel 1933/1953