A A A A A
1 Kronieke 18
1
Hierna het Dawid die Filistyne onderwerp en hulle verneder toe hy Gat met sy omringende dorpies verower het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Later het Dawid die Filistyne heeltemal oorwin. Hy het die stad Gat vir hom gevat en ook die dorpe daar naby wat aan die Filistyne behoort het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Hierna het Dawid die Filistyne verslaan. Hy het die stad Gat met sy omliggende dorpies ingeneem.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Hierna het Dawid die Filistyne verslaan en onderwerp. Hy het Gat en sy buitedorpe afgeneem van die Filistyne.
Afrikaanse Bybel 1983

1
En hierna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en hy het Gat met sy onderhorige plekke uit die hand van die Filistyne geneem.
Afrikaanse Bybel 1933/1953