A A A A A
2 Konings 3
4
Koning Mesa van Moab en sy onderdane was skaapboere. Hulle het aan die koning van Israel ’n jaarlikse belasting van 100 000 lammers en die wol van 100 000 ramme betaal.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
Koning Mesa van Moab was 'n skaapboer. Hy moes elke jaar vir die koning van Israel 100 000 lammers en die wol van 100 000 skaap-ramme gee.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Koning Mesa van Moab en sy mense was skaapboere. Hulle het jaarliks belasting van 100 000 lammers en 100 000 skape se wol aan Israel betaal. Dit was die bewys van hulle lojaliteit aan Israel.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
Koning Mesa van Moab was 'n skaapboer wat honderd duisend lammers en die wol van honderd duisend ramme aan die koning van Israel moes lewer.
Afrikaanse Bybel 1983

4
En Mesa, die koning van Moab, was 'n skaapboer, en hy het aan die koning van Israel gelewer honderd duisend lammers en honderd duisend ramme se wol.
Afrikaanse Bybel 1933/1953