A A A A A
2 Konings 3
3
Tog het hy voortgegaan met die sonde van afgodery waarmee Jerobeam die seun van Nebat die volk Israel verlei het. Hy het hom nie daarvan bekeer nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

3
Maar hy het aangehou om die sondes te doen wat Jerobeam seun van Nebat gedoen het. Jerobeam het die Israeliete ook daardie sondes laat doen.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

3
Maar hy het nie alles reg gedoen nie. Hy het aangehou om die verkeerde dinge te doen waarmee koning Jerobeam begin het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

3
Tog het hy volhard in die sondes wat Jerobeam seun van Nebat vir Israel laat doen het; hy het dit nie laat vaar nie.
Afrikaanse Bybel 1983

3
Maar hy het die sondes van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het, aangekleef sonder om daarvan af te wyk.
Afrikaanse Bybel 1933/1953