A A A A A
2 Konings 3
19
Julle sal uitsoekstede verower, selfs die versterkte stede. Julle sal al die mooi bome afkap, hulle fonteine toestop en hulle landerye met klippe verniel.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

19
Julle sal al die stede wat sterk mure het, oorwin. Julle sal al die belangrike stede afbreek en die vrugtebome afkap en die fonteine toemaak, en die vrugbare grond vol klippe gooi.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

19
Julle sal al hulle mooi en versterkte stede inneem. Julle sal al die goeie bome afkap, al die putte opvul en al die bruikbare landerye met klippe bederf.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

19
Julle sal al hulle vestingstede, die uitsoekstede, inneem, al die mooi bome uitkap, al die fonteine toestop, en al die mooi lande vol klippe gooi.”
Afrikaanse Bybel 1983

19
En julle sal elke versterkte stad en elke uitgesoekte stad oorweldig en elke goeie boom omkap en al die waterfonteine toestop, en elke goeie stuk grond sal julle met klippe bederwe.
Afrikaanse Bybel 1933/1953