12 |
Josafat sê toe: “Die Here praat deur hom.” Die konings van Israel, Juda (naamlik Josafat) en Edom het Elisa gaan raadpleeg. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
12 |
Josafat sê toe: “Ons kan vir Elisa vra wat die Here sê.” Die drie konings het toe na Elisa toe gegaan. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
12 |
“Kom ons gaan na hom toe,” het Josafat gesê, “die Here sal deur hom met ons praat.” Die drie konings het toe na Elisa toe gegaan. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
12 |
Toe het Josafat gesê: “Die woord van die Here is by Elisa.” Daarna het Josafat en die konings van Israel en Edom na Elisa toe gegaan. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
12 |
Daarop sê Josafat: By hom is die woord van die HERE. So het die koning van Israel en Josafat en die koning van Edom dan na hom afgegaan. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|