A A A A A
2 Konings 19
37
Eendag, terwyl hy in die tempel van sy god Nisrok aanbid het, het sy seuns Adrammelek en Sareser hom met hulle swaarde doodgemaak. Hulle het na Ararat toe gevlug. ’n Ander seun, Eserhaddon, het hom as koning van Assirië opgevolg.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

37
Eendag het hy in die tempel van sy god Nisrok gelê en bid. Sy seuns Adrammelek en Sar-Eser het hom daar met swaarde doodgesteek. Hulle het gevlug na die land Ararat, en Sanherib se seun Esar-Haddon het koning geword ná hom.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

37
Terwyl hy op ’n dag in sy god Nisrok se tempel besig was om te bid, het twee van sy seuns, Adrammelek en Sareser, hom vermoor. Hulle twee het toe na die Araratgebied gevlug en ’n ander seun, Esarhaddon, het hom as koning opgevolg.
Afrikaanse Bybel DB 2006

37
Terwyl hy op 'n dag in die tempel van sy god Nisrok aanbid het, het Adrammelek en Sar-Eser hom met swaarde doodgesteek. Hulle het na Ararat toe gevlug, en Sanherib se seun Esarhaddon het hom as koning opgevolg.
Afrikaanse Bybel 1983

37
En toe hy hom neerbuig in die tempel van sy god Nisrog, het sy seuns Adramm,leg en Sar,ser hom met die swaard neergeslaan; maar hulle het ontvlug na die land Ararat; en sy seun Esar-Haddon het in sy plek koning geword.
Afrikaanse Bybel 1933/1953