35 |
Daardie nag het die engel van die Here na die kamp van die Assiriërs gegaan en 185 000 Assiriese manskappe doodgemaak. Toe die Assiriërs die volgende oggend wakker word, kry hulle oral net lyke. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
35 |
Die Engel van die Here het daardie nag gekom en Hy het 185 000 soldate in die kamp van die Assiriërs doodgemaak. Toe die Assiriërs vroeg die volgende oggend opstaan, lê al die dooie soldate daar. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
35 |
Daardie nag het die Here 185 000 Assiriese soldate laat doodgaan. Toe die res die volgende oggend wakker word, was daar net lyke rondom hulle. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
35 |
Daardie nag het 'n engel van die Here gegaan en honderd vyf en tagtig duisend man in die Assiriese kamp doodgemaak. Toe die Assiriërs die môre vroeg opstaan, lê die lyke almal daar. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
35 |
En in dieselfde nag het die engel van die HERE uitgetrek en in die laer van die Assiriërs honderd vyf en tagtig duisend verslaan; en toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak -- was dit almal dooie liggame! |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|