A A A A A
2 Konings 19
31
Want uit Jerusalem sal ’n oorblyfsel voortkom, uit Sionsberg dié wat oorgebly het. Die ywer van die Here self sal dit laat gebeur!
Afrikaanse Bybel NLV 2011

31
Ja, mense sal kom van Jerusalem, van Sionsberg af, mense wat oorgebly het en wat nog lewe. Dit sal gebeur, want die Here wat oor alles regeer, sal die mense van Juda nie alleen los nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

31
Daar sal beslis oorlewendes uit Jerusalem kan uitgaan. Daarvoor sal die Here wat die Groot Bevelvoerder is, se groot liefde sorg.
Afrikaanse Bybel DB 2006

31
Daar sal mense oorbly en uit Jerusalem kom, daar sal mense vry van Sionsberg af uitgaan. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here sorg.
Afrikaanse Bybel 1983

31
Want uit Jerusalem sal 'n oorblyfsel uitgaan en vrygeraaktes van die berg Sion. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
Afrikaanse Bybel 1933/1953